Informasie van wyk raadslede Tjaart van der Walt en Hennie Van Niekerk
Dit kan baie frustrerend wees om te lewe met raserige of onbedagsame bure
Vul asb ons aanlyn vorm in vir rolspeler wat negatief affekteer word deur geraas of ander oorlaste in Universitas, Parkwes en UniversitasRif: https://forms.gle/6GzMtVmdGPYsSr426
As u egter nie bereid is om die formele stappe soos hier uiteengesit is te neem as daar probleem met geraas is nie, kan u nie gehelp word nie. Alles moet gedokumenteer word sodat u bewyse het indien u ooit sou moet getuig in ‘n hof. As die saak in die hof beland gaan u daaroor moet getuig en niemand anders nie.
Die beginpunt vir alle dispute tussen bure moet altyd wees om, sover moontlik, goeie buurmanskap te handhaaf. Dit sluit die eienaars sowel as die huurders in. Sodoende kan u dan persoonlik enige probleme wat opduik bespreek en probeer oplos.
English version about noise control
Sodra wetstoepassing, SAPS, geraasbeheer of die howe betrokke raak, kan die kleinste dispute onmoontlik raak om persoonlik op te los. Dit kan ook soms tot eindlose heen en weer argumente oor nietighede lei.
Nietemin is die informasie hieronder indien u nie self n probleem kan oplos nie, en geraasbeheer wil kontak vir hulp


VOORDAT U BESLUIT HOE OM ‘N GERAASPROBLEEM OP TE LOS, MAAK SEKER WAT U OPSIES IS. Hieronder is ‘n opsomming van die beste stappe, myns insiens. In al hierdie stappe bly u as die klaer steeds primer verantwoordelik om die probleem op te los. Geen raadslid of amptenaar kan ‘n burgerlike dispuut oplos namens ‘n inwoner of groep inwoners nie.
STAP 1
Stap 1: Handhaaf altyd sover moontlik goeie buurmanskap en verhoudings met eienaars en huurders. Help mekaar, hou mekaar veilig en gesels oor gedelde belanstellings. As u van die begin af goeie verhoudings handhaaf, kan u nie net geraas probleme persoonlik skik wanner dit nodig is nie, maar ook ander sakesoos sypaadjie en tuin onderhoud sowel as om mekaar te help om julself en jul huise veilig te hou.
Indien daar dan probleme is kan gepoog word om hul vriendelik te versoek om omliggende eienaars in ag te neem.
Ongelukkig besstaan daar in Bloemfontein, soos in baie ander stede, ‘n probleem omdat reëls en regulasies by sommige huise nie bestaan of afgedwing word nie. Dit veroorsaak soms onnodige konflik tussen bure. In die afgelope tyd het die hoeveelheid student wat ook kla oor oormatige geraas drasties toegeneem. Raserige omgewings maak dit ook vir studente moeilik om te studeer. Maak seker dat u die kontakdetails van die eienaar en inwoners vooraf het, sodat u nie daarvor hoef te soek wanneer daar ‘n probleem is nie.
Laastens, voordat u besluit om verdere stappe te neem, dink mooi na of u nie dalk oorsensitief is en of nie moontlik ‘n klein verandering kan maak in u huis om die probleem te laat verdwym mie. bv. Deur ‘n venster of deur wat na die geraas toe wys toe te maak.
Daar was voorheen enkele gevalle van aggressiewe optrede en viktimisasie van persone wat kla oor hul bure, so wees voorbereid daarvoor.
STAP 2
Stap 2: (Onmiddelike, korttermyn oplossing). In terme van wetgewing kan beide SAPS en Mangaung Wetstoepassing 24 uur gekontak word rakende oormatoge geraas klagtes. Onthou dat misdade geprioritiseer word, en hulpbronne baie beperk is. Nietemin moet ook op geraas klagtes reageer word. Indien u nie die plaaslike polisiestasie kan bereik nie, kan die blitspatrollie gekontak word om hulle in te lig.
Parkweg SAPS Gemeenskapsentrum: 05150760000, 0515076000 . Blitspatrollie: 10111 selfoon noodnommer: 112. Wetstoepassing 24 uur hulplyn: 0514066452.
Vir klagtes oor Parkweg SAPS dienslewering stuur ‘n epos met die details aan PARKWEG-SAPS@saps.org.za en oor Wetstoepassing aan public.safety@mangaung.co.za gedurende kantoorure. Indien daar nie op die epos klagte oor dienslewering reageer word binne n paar dae nie, kontak u raadslid
OPTION 3
Stap 3: Munisipale Omgewingsgesonheid, Geraasbeheer (langtermyn, vereis noukeurige monitering en boekstawing van insidente vir verskeie maande).Indien die bostaande twee opsies nie die probleem oplos nie, kan u die geraasbeheer afdeling kontak. Hulle moet u dan besoek of skakel om die nodige inligting te kry om ‘n saak te open. hulle het soveel moontlik inligting oor insidente in die verlede, datums, tye en detai asook pogings om die probleem vriendelik op te los. verskaf die eienaar en inwoner se details inden moontlik.
Indien die klagte redelik is, asal ‘n waarskuwing aan die eienaar of huurder gegee word. baie keer is dit genoeg om die situasie te beredder. Maar, indien die probleem voortduur sal u geraasbeheer moet ingelig hou deur middel van ‘n amptelike rusverstoring rekord bladsy met inligting van insidente. Indien u staak om die rekords maandeliks aan geraasbeheer te stuur,neem hul aan dat die probleem opgelos is. Hul kan ook mediasie aanbeveel. Sodra die bewyse genoegsaam is om ‘n aanklaer te oortuigg om die saak na die hof te neem, kan die saak na die hof geneem word, waar u die persoon sal wees wat die hof van u saak moet oortuig. Daarom sal dit n mors van tyd en geld wees om ‘n swak saak hof toe te neem.
Munisipale Geraasbeheer kontak details: Mr Riaan Nel, 0514005322, riaan.nel@mangaung.co.za
Medical Officer Of Health Building, De Villiers Street, Bloemfontein
Stap 4
Stap 4: In gevalle waar die geraas saam val met ‘n onwettige grondgebruik (grondgebruik wat nie volgens die sonering toegelaat word nie), het vorige hofsake in die stad presedent geskep hiervoor. Byvoorbeeld, daar was onlangs ‘n klomp hof beslissings oor onwettige besighede in Mangaung.In baie van hierdie gevalle is kostebevele toegestaan, wat beteken die onwettige grondgebruiker is verantwoordelik gehou vir die klaer se kostes. Vir verdere informasie of dit in u geval moontlik is, sal u ‘n prokureur moet gaan sien.
Wat is die rol van u raadslede in sulke gevalle?
1. Ons veg deurlopend dat grondgebruik en geraas reëls van Mangaung toegepas en versterk moet word
2. As u nadat u die nodige stappe geneem het soos hierbo uiteengesit steeds nie deur Mangaung gehelp word nie, is u welkom om ons te kontak sodat ons u kan help om die kwessie na toesighouers en bestuurders te eskaleer
One thought on “NAVRAE OOR GERAASBEHEER: WAT JY MOET WEET”
Comments are closed.