WAAROM IS DIE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK BELANGRIK VIR MY?
Die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 skryf voor dat owerhede nie “’n beslissing mag maak wat teenstrydig is met ’n munisipale ruimtelike ontwikkelingsraamwerk nie“. Daarom sal ‘n ROR wat reg implimenteer word ‘n invloed op elke belanghebbende in enige grond ontwikkelings aansoek in MMM in die toekoms hê.
In 2019 het die stadsbestuurder na jare se volgehoue druk erken dat die bestaande ROR nie aan alle wetlike vereistes voldoen nie. Die redes waarom ontwikkelaars, besighede, inwoners en ander belanghebbendes al vir jare die ROR bevraagteken, is omdat daar nie werklike konsultasie en deelname plaasgevind het in die proses van die skepping of verdere wysigings wat sedert 2005 plaasgevind het nie. Die ROR was ook nooit in die staatskoerant gepubliseer soos vereis word deur die 2013 wet nie.
Tydens ingrypings in die finansiële probleme in MMM, het nasionale tesourie ook aangedui dat daar wye gapings is in die bestaande ROR. Dit is ‘n ernstige probleem, omdat hierdie raamwerk ‘n strategiese invloed behoort te hê op elke besluit rakende ontwikkeling, infrastruktuur en bestuur in MMM.
Daarom is ‘n konsultant in 2019 aangestel om Tussen Junie 2019 en Junie 2020 ‘n ROR te ontwikkel wat deur die raad goedgekeur kan word saam met die 2020/21 Begroting en Geintegreerde Ontwikkelingsplan. Die proses is gerig deur MMM, ondersteun deur verskeie nasionale departemente soos Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.
WAT IS DIE DOEL VAN DIE ROR PROJEK?
Volgens MMM is die doel om ‘n raamwerk te skep vir alle ontwikkeling in die Munisipale gebied wat ruimtelike, omgewings- en ekonomiese kwessies in ag neem die stedelike sowel as landelike gebiede onderskeidelik konfronteer. Dit sluit kwessies in soos ‘n verspreide ruimtelike struktuur, met verskillende dorpe en informele nedersettings wat oor die hele munisipale gebied versprei is sowel as landelike gebiede wat uit ‘n groot aantal plase en landbouhoewes bestaan. Die ROR sal ook die beleid- en wetgewings riglyne wat deur die Nasionale en Provinsiale Regering vasgestel is in ag neem, en die munisipale ruimte-ekonomie in die konteks van die provinsiale en nasionale ruimte-ekonomie in ag neem.
Hierdie raamwerk sal dus duidelike riglyne daarstel vir alle grondgebruik bestuur besuite van die Munisipale Beplanningstribunaal.
WAT IS DIE ROR SE DOELWITTE VOLGENS MMM:
Die MMM ROR is gemik daarop om die volgende doelwitte te bereik volgens MMM:
1. Die skep van ‘n ruitelike ontwikkelings visie
2. ‘n Omvattende ruimtelike raamwerk wat die belyning van beleid en projek implimentering tussen diverse sektore
3. Die omskrywing van die gewenste toekomstige ruimtelike vorm van die munisipaliteit
4. Die dokumentering van die omgewings, beplannings, infrasturktuur en institisionele kwessies en tekortkominge wat in ag geneem is in die vorming van die voorstelle in die raamwerk.
5. Om belanghebbendes ‘n geleentheid te gee om deel te neem gedurende die formuleringsproses.
6. Om ‘n ruimtelike uitbeelding van die behoeftese prioriteite wat in die Mangaung Geintegreerde Ontwikkelingsplan verwoord is te skep, en spesifieke kwessies wat uniek aan die munisipaliteit is te identifiseer.
7. Om landelike ontwikkelings kwessies, soos die integrasie met stedelike gebiede, verskaffing van maatskaplike fasilteiete en voorsiening van infrastrutuur aan hierdie gemeenskappe aan te spreek
8. Om ekonomiese geleenthede vir die gebied te identifiseer, spesifiek in die industriele,
kommersiële, landbou en toerisme sektore
9. Om tasbare oplossings voor te stel vir infrastrukturele en dienste behoeftes en beperkinge.
10. Om die stygende behuisingsbehoeftes te akkomodeer met inagneming van bestaande agterstande en geprojekteerde behoefte vir die ontwikkeling van ‘n verskeidenhyeid van behuisings metodologieë (bv. “Gap Housing”, Maatskaplike Behuising, “FLISP”,
ens.);
11. Om die natuurlike omgewing te beskerm, met ‘n fokus op hidrologiese en topgrafiese hulpbronne, biodiversiteits-areas, en hoë potensiaal landbougrond.
WAT IS DIE INHOUD VAN DIE ROR:
Die ROR beslaan 509 bladsye waarin gepoog word om sinergie te skep tussen verekeie betsaande sektorplanne (bv. MMM Rampbestuursplan, Afvalbestuursplan, Kimaatsverandering strategie, Geintegreerde Ontwikkelingsplan, Behuisingsplanne, Sturktuurplanne, Ekonomiese planne asook provinsiale en nasionale polanne). Dit bevat ook ‘n beskrywing van die status quo van MMM (bevolking, demografie, sosio ekonomies, ruitelike struktuur, grondgebruik, landbou potensiaal ens.) en wetlike vereistes waaraan voldoen moet word. Daarna word die status quo geanaliseer en spesifieke ruimtelike voorstelle en ingrypings voorgestel. Die eindproduk hiervan is ‘n geskrewe raamwerk met ‘n gepaardgaande “saamgestelde ROR” kaart asook verdere ondersteuningskaarte wat die ruimtelike visie vir MMM as geheel asook elke nederesetting in detail weergee.
HOE LYK DIE ROR?
ANALISE: Grondgebruik kaart

Demografiese Profiel:

Weidingskapasiteit:

RESULTAAT: Ruimtelike Visie

Saamgestelde ROR

Bloemfontein Saamgestelde ROR

Vergroting van ‘n westelike deel van die Bloemfontein Saamgestelde ROR

Thaba Nchu & Botshabelo Saamgestelde ROR

Soutpan Ontwikkelingsvoorstelle:

ROR Strukurerende Elemente:

‘N VOORBEELD VAN DIE GESKREWER INHOUD VAN DIE ROR:

BYLAES
ANNEXURE A: LAND USE BUDGET
Annexure A1: Population, Household and Job Opportunity Projections
Annexure A2: Land Use Budgets per Urban Area
ANNEXURE B: MANGAUNG EMF GUIDELINES
ANNEXURE C: FREE STATE PSDF LAND USE GUIDELINES
Annexure C4: Managing SPC A and SPC B Areas: The Natural
Environment
Annexure C5: Ensuring Sustainable Use of SPC C: Agricultural Areas
Annexure C6: Directing Development of SPC D: Urban Areas
ANNEXURE D: SUSTAINABLE HUMAN SETTLEMENTS
Annexure D1: Housing Densities / Typologies
Annexure D2: Thusong Centre Concept
Annexure D3: Community Facilities Provision Standards and Guidelines
Annexure D4: Smart City Concept
ANNEXURE E: ECONOMIC EMPOWERMENT / UPSCALING
GUIDELINES
Annexure E1: Township Economy: Potential Jon Creation Opportunities
Annexure E2: Informal Trade / Services Industry Upscaling
Annexure E3: Precision Farming
Annexure E4: Emerging Farmer Upscaling
ANNEXURE F: PRECINCT PLAN GUIDELINES
Annexure F1: Nodal Plans: Waaihoek, Inner City Rejuvenation, Home
Affairs Node, Rocklands Node
Annexure F2: Draft Structure Plan: Brandwag Area
Annexure F3: Draft Structure Plan: North Eastern Areas
Annexure F4: Draft Structure Plan: North Western Areas
Annexure F5: Draft Structure Plan: Oranjesig Area
Annexure F6: Draft Structure Plan: Preller Square Area
Annexure F7: Draft Structure Plan: Willows / Parkwest Area
WAAR KAN KOMMENTAAR INGEDIEN WORD OF NAVRAE GERIG WORD?:
Skriftelike kommentaar kan ingedien word by die Munisipaliteit (Kamer 818, Glaspaleis (Bram Fischer Gebou), Markgraaf Straat / tilfred.mabuza@mangaung.co.za ) voor of op 60 dae vanaf datum van publikasie van die kennisgewing (26 Maart 2020 tot 26 Mei). Stipuleer u naam, adres en kontakbesonderhede, belang in die verslag en redes vir kommentaar.
Die konsep dokument kan verkry word vanaf die Mangaung Munisipale webwerf by die volgende skakel: http://mangaung.co.za/2020/03/25/spatial-development-framework-sdf-2020/
Telefoniese navrae kan gerig word aan die Tilfred Mabuza by 051 405 8276 / 051 4058231