Straatligte/Streetlights


Daar word die afgelope 6 maande baie gereeld met Centlec gepraat oor ligte wat dood is en reeds weke of maande terug gerapporteer is.

Daar word konstant gesê dat hul nie die parte het vir regmaak van enkel dooie ligte nie (Gloeilampe, Lig houers)

Op hierdie stadium konsentreer ons daarop om die plekke waar 3 of meer ligte baie naby aan mekaar dood is reg te probeer kry.

Maar daar is enkel ligte wat al meer as ‘n jaar terug gerapporteer is en wat ons steeds elke nou en dan opvolg. Dit is absoluut onaanvaarbaar.