Water situasie vir ons wyk

Update:
Nou 16:00 vanmiddag was Arboretum 1 en 2 Reservoirs nog leeg. Noorde se water kan van Saterdag af begin verbeter as regte hoeveelheid chemikalieë afgelewer word. Water moet dan gepomp word en dit neem tyd.
Water het sy eie tyd.
Beste Universitas /Parkwes inwoner 2 Aug 2019 12:00
Daar is tans water 2 situasies:
- Volgens die beste inligting to my beskikking tans die onderhoudswerk aan pypleiding na Brandkop klaar, die pyp word weer opgevul, eers dan sal Brandkop eers weer kan opvul. Tans is daar nog beperkte water in Brandkop resevoir. As vlak te veel daal moet drukpompe afgeskakel word om te voorkom dat hul uitbbrand.
Jammer dat u so laat kennis van die onderhoudswerk gekry het, gewoonlik stuur Bloemwater lank vooraf kennisgewings vir MMM, maar dit word nie konstant aan inwoners en raadslede deurgegee deur MMM nie. (Dankie aan rdl. Botes dat hy wel inligting kon kry en deurgee op die dag voor hul begin het)
- Sien rdl Botes se boodskap. Oor noorde. Universitas kry soms van noorde water, en Universitas Rif kry tans van noorde water, en het reeds onderbreking op plekke:
Neem asb kennis dat sommige wyke van vandag af klagtes kan ontvang van geen water of swak waterdruk. Arboretum 1 en 2 reservoirs is leeg. Kan nie water pomp nie want die Metro het nie chemikalieë nie. Die rekening aan die verskaffer is nie betaal nie. Groete. Rossouw Bote
Groete
Tjaart van der Walt
For updates like these, visit, Clr Tjaart DA& Ward 23, Universitas, Parkwest, Universitas Ridge, Service Delivery Updates Mangaung
This channels aims to store and share important contact information, updates and more to Ward 23 residents sepcifically, and the wide Mangaung community generally. If you are from out of Ward 23, this is not a fault repirting platform.
https://t.me/TjaartDAUniversitas